Soos jy sekerlik weet is dit eksamentyd en uit moedeloosheid google ek toe jou awesome site raak. Ek wil bitter graag die CD Gr 4 tot 7 Take, Projekte en Eksamens by jou kry. Petro van der Merwe

Ek wil net dankie sê vir julle flukse diens met al die cd’s wat ek aangekoop het. Ons gebruik die skoolprojekte en afrikaanse ensiklopedie baie en ek dink ons gaan dit nog baie in die toekoms gebruik – wat lekker is ons hoef nie onnodig in die internet in te gaan nie. Die vraestelle help ook baie, want dit is ons eerste eksamen hierdie jaar en ek het nie ‘n idée hoe hulle vra in die eksamens nie. Ek sal ook begin belangstel in die big boet reeks, want my ander dogtertjie is nou 4 jaar oud. Groete, Sandra Wright

Ek is tevrede met my aankope, dankie. Ek sal kyk op jul web en jou beslis kontak indien daar iets is waarin ek belangstel. Dankie in elk geval vir die opvolg, bitter min dat dit gebeur! Groete. Arina Schloms

Baie dankie vir die mail. julle game is heerlik, Benita (en ons!) geniet dit regtig baie. julle sal beslis weer van ons hoor. hiermee dan ook n bedanking vir julle goeie kliënte diens, dis regtig nogal besonder. ons gesels weer in die toekoms. heerlike dag, seen vir julle besigheid. Janet Mostert

Ons vind die sagteware as ‘n goeie belegging, dit help Mariska baie, sy is juis besig met eksamens ons sal dan sien of die punte beter lyk of sy haar idiaal bereik het die naamlike A. Wat ek wel ook ondervind het dat sy baie meer ontspanne was toe sy Wiskunde moes gaan skryf asof sy reg was vir die uitdaaging. Sy werk elke dag met ‘n gedeelte van die program. Sal jou laat weet hoe dit verder gaan. Ek was baie tevrede met julle diens, en ook die hulp met die opstel van die Woel met Wiskunde, die dametjie was baie vriendelik. Ilma Filter

Die vraestelle help vir hersiening en waarmee dit die meeste help is om die ergste senuwees oor wat om te verwag, breek. Dankie vir ‘n goeie produk! Charmaine Neves

Ek is so tevrede!!! Marco is in Gr 4 by Laerskool Krugersdorp-Noord. Die vraestelle het soveel vrae wat betrekking het tot die werk wat hulle doen, dat ek hom nie beter kan help as met julle produk nie!! Maxi Van Heerden

‘Nope’, hierdie ma en seun het geen klagtes op jul produk nie. Inteendeel….. Dit is baie nuttig en help hom om beter voorbereid te wees vir die eksamens. Hierdie is ’n regte erfstuk en sal sy 2 sussies dit definitief ook kan gebruik. Ek wil op ’n latere stadium jul produk oor die Skoolprojekte ook bekom. Mooi bly. Marlene Ligthart.

Dit help regtig baie. Die eksamen begin hoeka volgende week en ons gebruik dit as deel van voorbereiding. Corlia Van Zyl.

Baie dankie vir die belangstelling. My seun is tans besig met 1ste jaar veeartseny en hy het baie baat gevind by lees program en verlede jaar se matriek eindeksamen het hy die vraestelle deurgewerk. My dogter is gr.11 nou en gebruik ook die vraestelle en leesprogram. Ek sal dit vir almal aanbeveel. Baie dankie Trudie Cullinan

Die kinders is reeds nou besig om deur van die eksamen vrastelle te werk. Baie dankie vir die goeie diens. Lynette De Kooker

Hi, Dankie vir die opvolg. My dogter het baie baat gevind by die vraestelle. Sy skryf nou weer Eksamen en ons het weer die vraestelle uitgedruk vir Gr11. Daar was verlede jaar weer van dieselfde vrae gevra. Dit sal gaaf wees indien verlede jaar se vraestelle en memorandums weer beskikbaar kan wees. Laat asb weet wanneer daar weer opdateerings is. Adele Niemann

Ons is baie gelukkig met die Dina Dinosourus cd, my seuntjie geniet dit baie en het al baie geleer deur die gebruik van die cd. Dit is definitief die geld werd. Dankie Betsie.

Was dit nie vir Dina nie, was my kind glad nie reg vir Graad 1 nie. Verskeie mamma’s het al vir my gese dat die pas waarteen ons kinders wegspring is geweldig en dat hulle kinders glad nie by is nie. By ons Kleuterskool doen hulle slegs ‘n basis met die kleintjies, maar net ‘n Alfabet letter hier en daar. Ek het heelwat Gr R mamma’s van jou program gese en die web adres gegee. Dankie, Marti Jansen

Hi daar, Ja ek moet sê Christo geniet die program baie. Hy hou hom self besig, ek gooi net so af en toe ‘n ogie oor hom. Hy hou ook die meeste van die Apie Musiek, Dina konsentrasie…. Die program is baie interesant ek regtig baie leersaam. Ons sal maar die vakansie bietjie werk aan die engelse program. Lizelda Botes

Ons geniet Dina ongelooflik baie! Ek dink ek meer as die kinders! Ek het ook juffrouens wat nie eintlik rekenaar geletterd is nie, en hulle leer ook sommer nou hoe om die rekenaaar te gebruiik. Dit is werklik fantasties.

Hy geniet dit ongelooflik. Hy kom maak my in die oggend vroeg al wakker om op Dina te speel soos hy dit noem. Ek het nou die werk boekies ook uitgedruk en ek is baie beindruk. Ek wens net ek kon tuis skool gegee het, die program maak dit moontlik om hom by die huis te help. Hy kan sommer na die eerste paar minute die i skryf en gister was ons af Natal toe en hy het orals in die boeke die letter i gesoek.

Het Maandag die cd aan my kleinkinders bekendgestel en hulle geniet elke aktiwiteit. Ek beveel beslis die cd by my vriendinne aan. Linda Kinnear

Ons is baie tevrede met die sagteware en Juvan (my seuntjie) geniet Dina verskriklik baie. Ek sal beslis julle sagteware aanbeveel en ook weer daarvan aankoop. Sanet Bekker

Hallo Tyd vir Tafels is ‘n wonderlike program. My kind geniet dit baie. Natuurlik ken hy sy tafels. Laat weet asseblief van enige nuwe programme op die mark. Annalize Gubitz.

Ja baie dankie, die kinders het al lekker gespeel en ons het verseker al die eerste kwartaal nut gevind uit die Afrikaans en Engelse CD’s. Baie dankie vir al jou moeite en hulp. Waardeer dit baie. Zelna Strydom

Goeie dag, Dankie vir jou epos. Ons vind die sagteware baie handig, gebruik dit feitlik daagliks. Ek sal beslis binnekort van die eksamen cd’s by jou bestel. Erieka Malherbe

Daar was geen probleme met die laai van die sagteware nie – alles reg. My dogter van 8 geniet dit baie – wil net wiskunde ‘speel’! Dankie, Franca Van Zyl

Baie dankie vir die cd’s. Ek het albei ontvang en is baie ingenome met wat ek gekry het. Ons werk stadig deur die vraestelle maar dit help. Dit laat my seun net soveel meer op sy gemak voel as die werklike vraestel voor hom neergesit word. Euodia Venter

Ek het dadelik reggekom met my aanlynregistrasie. Ek het ook dadelik toegang tot die inligting gehad. Sover is ek baie beindruk met die inligting. Dit help nogals baie. Ons sal nou sien as die 2de kwartaal afskop, maar as ek enige iets anders nodig het sal ek jou dadelik kontak. Baie dankie vir jou vriendelik hulp en bystand. Letitia Jacobs

Ek is baie tevrede met die sagteware. Ek is tevrede met die inhoud daarvan. Baie goed. Die eksamen vraestelle is ook baie oulik om tussen ander oefeninge te gebruik. Baie dankie vir goeie diens.

Dankie. My kinders geniet die Academix vreeslik baie. veral die Autistiese dogtertjie sy speel die “Match them” speletjie waar sy moet onthou waar die goedjie is sy doen geweldig goed. Ruben my 8 jarige tegnologiese fundi het omtrent alles uitgeprobeer en geniet dit ook. Die lees en begripstoetse as ek dit so kan noem werk baie goed vir Lourens. Ek sit sy Social Studies en Science daar op en dan doen hy sy vraestelle en leer so hy is mos ADHD en dit help baie. Hy is baie lui om te lees. Nou ja dit is alles gou gou in ‘n neutedop. Geseende week vir jou. Vriendelike Groete vanuit ‘n nat en koue Kalahari. Sonja

Hi Dagmar, Dankie die CD stel het goed gewerk. Ons moes die vrae aanpas omdat alles nie altyd gedek word nie, maar die belangrike ding vir my is dat dit my seun bietjie meer gemaklik gemaak het met die manier van antwoord en ook hoe om die vrae te analiseer. Dankie nogmaals en hou my maar op hoogte van veranderinge. Groete. Jacques le Roux (Academy HO)

Baie dankie vir julle vinnige en goeie diens. Marissa

Ons gebruik die “Afrikaanse Skoolprojekte” en “Suid-Afrikaanse Ensiklopedie” baie en ek dink ons gaan dit nog baie in die toekoms gebruik – wat lekker is ons hoef nie onnodig in die internet in te gaan nie.

Ek voel dit bied ‘n groot voordeel, omdat hy ook kan sien hoe sy kennis deur toepassingsvrae getoets kan word. Terloops, hy staan eerste in sy graad vir die eerste termyn!!! So trots op homself, en ons op hom!!!! Ons is tans besig met voorbereiding vir die eksamen wat 31/05/10 begin. Hou maar styf duime vas!!! Die uitdaging is groot!!! Groete, Maxie van Heerden

Ek het al heelwat vd Gr5 vraestelle afgelaai en my seun geniet dit om te leer! (gewoonlik nie een van sy gunsteling aktiwiteite nie – eerste keer dat hy dankie se vir ekstra werk). Dankie vir ‘n puik diens – alles het seepglad verloop! Monica Le Roux

Baie dankie vrou ek het jou site vir 3 ander mense ook voorgestel wat se kinders sukkel en die ander se dogtertjie gaan volgende jaar skool toe ek sal mense stuur so veel soos ek kan want ek dink die produkte is uitstekend. Lea Bodenstein

Baie dankie, ons het hom ontvang, en als is 100% in orde. Ons is rerig baie gelukkig met die programmetjie. My oudste word die einde van die jaar 5, dan wil ons verseker die volgende een kry. My 2de seuntjie word weer 3 aan die einde van die jaar, en hy het reeds groot pret met die Big Boet. Sjuim, sy ou handjie vat nie eers die muis behoorlik vas nie, maar speel wil hy speel. Jolene Nortje

Ek is regtig baie tevrede met die sagteware! My dogtertjie wil nou net heeldag op die skootrekenaar werk, sy is drie en het klaar die gebruik van die muis onder die knie. Ek gaan beslis weer van julle sagteware aanskaf! Vriendelike groete, Reinet Schreiber, Januarie 2012

Ek het alles in goeie toestand ontvang en maklik afgelaai op ons rekenaar. Danksy julle hulp en verwysing het die registrasie van die sagteware maklik verloop. Ek dink die programme is baie leersaam en die kinders vind dit aangenaam as aanvullende skoolwerk. My kleintjie van 4 is veral baie in sy skik met Dina – dis regtig oulik vir sy ouderdomsgroep. Voorspoed vir die nuwe jaar. Vriendelike groete, Adri Woudstra, Januarie 2012

My dogter het die vraestelle baie handig gevind het. Sy het ook baie haar Woel met wiskunde gebruik en dit het haar n redelike verbetering gebring in haar punte. Die wiskunde sonder sukkel is n groot hulp met die verduideliking wat daarmee gepaard gaan. Ek sal op n latere stadium haar weer registreer vir vraestelle, wat ek by skoolprojekte sal kry. Dankie vir al jou bystand. Laat weet gerus indien daar nuwe sagte ware is wat ek interressant sal vind. Ek het baie geleer met die Compu trek cd. Lekker dag verder. Hannie Axsel, Januarie 2012

Baie dankie. Ek het die program (Kappie Kameelperd) in werkende toestand ontvang. Dit is ‘n pragtige leersame program. My kind geniet dit baie. Het julle dalk iets in die lyn van lees programm? Baie dankie vir julle vriendelike en vinnige diens. Zelda Becker, Januarie 2012


Copyright © 2011. All Rights Reserved.