Tieners | Teenagers


Toe Danél gebore word, kom haar ma nie dadelik agter daar is iets ongewoon aan haar dogter nie. Maar toe sy groter word, begin die kinders by die skool onder mekaar fluister …

“Danél het ‘n sesde sintuig. Sy weet dinge nog voordat dit gaan gebeur. Sy’s weird …”


Theo weet sy lewe gaan verander die dag toe hy ‘n vreemde boodskap op sy BlackBerry kry: Jy is by geboorte as ‘n geheime agent van die SS Geheime Agentskap gekies. Natuurlik sal jy een van die agentskap se moeilikste take suksesvol moet voltooi voordat ons jou kan inspan om een van die grootste spioenasienetwerke by jou skool oop te vlek … Jou taak sal binne oomblikke aan jou gestuur word. Moet dit nie ligtelik opneem nie …

Peter van der Wind is net elf jaar oud, maar hy is ’n spesiale (en geheime) agent. Wat? Cool? Nee, dis nie cool nie. Dit is GLAD nie cool nie, want hy is net ’n geheime agent omdat hy ’n baie spesiale … uhm … wel … talent het. Moenie lag nie … Hy laat winde. Hard. So hard dat hy kan vlieg.

En dit is die rede waarom die regering hom aangestel het om allerlei vreemde dinge te ondersoek. Toe die president ’n e-pos stuur oor ’n geheimsinnige Chinese skip wat in Suid-Afrikaanse water opgemerk is, moet Peter weer hope spinasie, kool, blomkool en broccoli eet … en met ’n KNAL vertrek hy om die geheim van die Chinese draak op te los!


“Annika is mal oor speurverhale en raaisels. En sy skrik nie vir spokerige stories nie! Almal is in rep en roer oor die revue wat binnekort plaasvind. Maar dan begin vreemde dinge by die skool gebeur. Eers verdwyn Lynette se prinsesrok uit een van die klasse en dan raak al die monstermaskers weg. Hoe op aarde is dit moontlik? Is dit dalk waar wat party van die kinders sê – dat daar ’n spook onder die verhoog bly? Annika besluit om ondersoek in te stel… ”

Annika is mal oor speurverhale en raaisels – en sy weet hoe om geheime uit te snuffel. Veral as die geheim ruik na … kunsmis! Iemand gooi die skool se kunsmis in bottlels en verkoop dit. Almal dink oom Gysie, die skoolopsigter, is die skuldige. Maar Annika kan dit nie glo nie. Sy is seker hulle maak ‘n fout. Maar hoe gaan sy dit bewys? Annika besluit om al haar speurvernuf te gebruik en die waarheid uit te vind.

Annika is mal oor speurverhale en raaisels, maar daar gebeur deesdae niks opwindends by die skool nie. Dan hoor Annika en haar maats van die Oupa-en-Ouma-dag. Almal is opgewonde daaroor om hulle oupas en oumas saam te bring skool toe. Maar Annika is die enigste een wat agterkom daar is iets fout met Nicolene. Hoekom lyk dit of sy glad nie uitsien na die prettige dag nie? Boonop verdwyn juffrou Peterson se koerante skielik elke oggend geheimsinnig.Annika besluit om ondersoek in te stel … Derde titel in die Speurder Annika-reeks.

Annika is mal oor speurverhale en raaisels, en as sy in die omtrek is, gebeur daar altyd iets opwindends! Op ‘n klasuitstappie na die museum ontdek Annika ’n geheimsinnige veer. Is dit dalk ‘n belangrike leidraad? Het dit iets te doen met die opgestopte voel wat ‘n jaar gelede spoorloos uit die museum verdwyn het? Annika besluit om ondersoek in te stel…

Dinge is in rep en roer oor die nuwe meisie in Thomas-hulle se klas: die aantreklike
sepiester Fleur Vermaak. Hannes is dadelik tot sy ore toe verlief op Fleur, maar dit lyk asof sy net oë het vir een ou – Thomas! En Thomas sal nie daarvan droom om vir Alex te verneuk nie, maar Fleur is darem wraggies mooi … Maar alles is nie plus nie … Wie is die geheimsinnige man wat agter Fleur aan is? En wat is die nare geheim van Bailey se Bos, die plek waar die graadneges gaan kampeer?

Thomas is nie lus om te trek nie. En hy is nog minder lus om ’n nuwe halfboete of –sussie te kry, al is sy stiefma, Louisa, eintlik nogal cool. Boonop is hulle nuwe blyplek ’n stokou Victoriaanse huis. Sommer gou begin allerlei vreemde dinge in die nuwe huis gebeur. Thomas hoor geheimsinnige voetstappe voor sy kamerdeur, deure gaan onverklaarbaar oop en toe en sy rekenaar se drukker spoeg die een vreemde boodskap na die ander uit. Kan dit wees dat daar regtig ’n spook in die huis is? Saam met sy vriende, Hannes, Alex en Thabo, prober Thomas om die raaisel van die huis op te los … ’n raaisel wat hulle in groot gevaar laat beland.
Thomas en Hannes kan nie wag om ’n nuwe rekenaarspeletjie te toets wat hulle by Harry van die Cyber Tiger-internetkafee gekry het nie. Maar iets is verkeerd met die speletjie. ’n Geheimsinnige skerpioen verskyn op die rekenaarskerm en Hannes is oortuig die speletjie is in werklikheid ’n gevaarlike rekenaarvirus. Thomas vermoed egter Hannes se verbeelding werk maar net weer oortyd. Dan breek iemand in die middle van die nag by Thomas se kamer in en krap tussen sy CD’s rond. Dit lyk asof Hannes tog reg was – iemand is desperaat om die CD met die rekenaarspeletjie in die hande te kry. Maar wie is dit – en hoe ver is hy bereid om te gaan?
Thomas-hulle sien uit na ’n wonderlike langnaweek by die see. Maar dan begin dinge lelik skeefloop: Thomas ontdek ’n deurtjie in die vloer van hulle strandhuis, en dit lei reguit na die skuilplek van die gevaarlike perlemoensmokkelaar Sharky Fotruin: sy beste vriend, Hannes,gedra hom skielik soos ’n alien, en hy betrap Alex en Lukas saam op `n afgeleë plek tussen die rotse – en terwyl Lukas tog wéét Thomas is mal oor haar! Dan is daar ook nog Bianca, die blonde meisie wat Thomas in die grot onder die huis ontmoet het. Sy vriende dink hy is koekoes of dat sy verbeelding oortyd werk, maar hy wéét hy het haar gesien en met haar gepraat.
’n Skooltoer na Namibië saam met al sy pelle. Thomas kan skaars aan iets cooler dink. Boonop gaan hulle die geheimsinnige Kolmanskop besoek – ’n ou spookdorp wat byna onder die woestynsand begrawe lê. Maar as Thomas in die omtrek is, loop dinge dikwels skeef. Dit lyk sowaar of hy hierdie keer by die huis sal moet bly terwyl Hannes, Alex, Lukas en Lilian sonder hom pret het. En boonop hoor Thomas ’n geheimsinnige telefoongesprek – ’n gesprek wat groot moeilikheid vir die toer voorspel. Watter geraamtes lê onder die woestynsand by Kolmanskop begrawe? En sal Thomas hierdie keer sy vriende kan help om al die raaisels op te los?


Copyright © 2011. All Rights Reserved.